Back to Top

Die roeping van niks-wees in diens van God!

Download Audio:

Datum:
2019-07-14
Scripture:
1 Korintiërs 3:1-23
Speaker:
Sermon Notes:
Om Paulus of Apollos as 'n dominee te hê, was seker 'n groot voorreg... Maar, ook 'n gevaarlike versoeking!

1.   Niks-wees ...
  • In die Korinte-gemeente was daar "Paulus"- lidmate en "Apollos"- lidmate.
    • met sy kwota stryd en twis wat dit meebring
    • en die gevolglike skade aan die k(w)erk van die Here
  • Sulke partyskappe is wêrelds ...
  • Predikante (leiers) is maar net planters en natgooiers (vs.6a) - eintlik NIKS!
2.   ... in diens van God!
  • Ja, eintlik maar net (tafel) bediendes
    • In diens van God! (vs.5a)
    • soos die Here dit vir hom gegee het (vs.5b)
  • Dit gaan oor God wat laat groei (vs.6b)!
  • Leier-wees - 'n dure verantwoordelikheid (vs.10-14)!
As ons wil roem oor al die dienswerk in ons gemeente - ROEM OP GOD!