Back to Top

Die Goddelike seën van twee-wees!

Download Audio:

Datum:
2019-07-28
Scripture:
Prediker 4:1-12
Speaker:
Sermon Notes:

Dit moet verskriklik wees om op jou suksesvolle lewe terug te kyk ... en daarvan te sê: Dis alles tevergeefs ..., omdat jy niemand het nie!

1.   Die leeg-heid van een-wees.

  • Prediker het, met sy fyn waarneming, die leegheid van 'n alleen-bestaan gesien:
    • Die verdruktes huil, maar niemand vertroos hulle nie (vs.1-2)
    • Die gejaag om sukses te behaal, kom voort uit afguns (vs.3)
    • Die eensame werkesel sonder 'n erfgenaam (vs.7)
  • Het jy al besef hoe leeg die lewe moet wees as jy net op jou eie aangewese is?

2.   Die vol-heid van twee-wees!

  • Hy sien egter iets wat nie tot niks kom nie ...
  • Twee vaar beter as een! (vs.9)
  • Die Here het ons gemaak om in verhouding met ander te wees - óók in 'n gemeenskap van gelowiges (HK 21)
  • Saam met ander word die moeilike lewe draagliker!

Moet ons nie weer terugkeer na die lewe wat die Here vir ons saam met ander bedoel het nie ...?