Back to Top

Die vrug wat net die Heilige Gees kan werk

Download Audio:

Datum:
2019-08-18
Scripture:
Galasiërs 5:13 - 26
Speaker:
Sermon Notes:
Dissipels lééf in geloof. Ook dit is 'n pad van val en opstaan. Ons sien nie altyd dat geloof 'n verskil in ons eie lewens en in die wêreld maak nie ...

1.  Geloof is om nie te sien nie!
  • Om te glo, sê die Hebreërskrywer, is om seker te wees van die dinge waarop ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
  • Die Hebreër-gemeente het ook nie gesien nie - soos ek en jy - (dikwels) nie sien nie?
2.   Geloof is om te sien!
  • En tog, geloof is om te sien - vir God en sy toekoms vir ons te sien!
  • Geloof is 'n sekerheid
    • soos 'n geskenkbewys wat jy in jou hande het
    • en om dan daarvolgens jou besluite/keuses te maak
    • Soos Moses se ouers en Moses self geglo en gesien en gedoen het.
    • En ek en jy...?
Geloof is om te sien wat jy nie sien nie...,
en nie te sien nie wat jy wel sien.
(Luther)