Back to Top

Padteken 5: ‘n Dissipel leef in ‘n slawe gestalte!

Download Audio:

Datum:
2019-09-01
Scripture:
Filippense 2:1-11
Speaker:
Sermon Notes:
Dissipels lééf in 'n slawe-gestalte - só soos ons Here en Verlosser! Martin Luther skryf oor Fil. 2 dat God niks anders van ons vra, as om die een vir die ander 'n christus te wees, nie! 'n Geweldige uitspraak ...

1.   Christus-vir-ons!
  • Die Evangelie is juis dat daar maar net één Christus is...
  • Hy, wat in die gestalte van God was
    • maar slaaf geword, mens geword ... tot die dood toe gehoorsaam!
  • God het Hom verhoog ... en alle magte onder sy heerskappy gestel.
  • Só is Hy Christus-vir-ons!
2. Christus-in-ons vir ander!
  • Nou vra Hy dat Christus-vir-ons ..., ook Christus-in-ons sal word - slaaf vir ander (vs.5).
  • Dit raak prakties ons hele lewe aan (vss. 3-4)
So 'n lewe in slawe-gestalte bring geen verlies mee nie, omdat ons alles reeds in Christus ontvang het!