Back to Top

Die seën van sonde-vergewing!

Download Audio:

Datum:
2019-09-08
Scripture:
Psalm 32
Speaker:
Sermon Notes:
Mense skram weg as daar gepraat word van (hulle) sonde ... - sommige omdat hulle skaam is, ander omdat hulle onverskillig geraak het. Doen jy sonde? Wat gaan jy daarmee maak?

1.   Sonde wegsteek ...?
  • Die een manier hoe ons ons sonde kan hanteer, is om soos Dawid te maak (na sy sonde met Batseba) ...
    • Hy het dit probeer wegsteek
  • Op hoevele maniere probeer ons ons sonde wegsteek?
  • Die gevolge daarvan is bitter - nou al ... (vs.3-4)
2.   Die pad van vergewing!
  • Die keerpunt vir Dawid: Toe het ek my sonde bely, my oortredinge nie weggesteek nie (Ps.32:5)
  • Maar opregte sonde-belydenis is nie altyd maklik nie, omdat dit eerlike sonde-besef, en berou en bekering vra (vs.5,6,8)
  • Dan vergewe God -
    • nie omdat ons so bely nie - dis wel die weg waarlangs ons vergifnis kry!
    • maar op grond van die voldoening (betaling) van Christus (HK 21:56)
Dit gaan goed met die mens wie se oortredinge nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word.