Back to Top

Jesus sê in liefde: “Gee alles weg, kom volg My en jy sal leef!

Download Audio:

Datum:
2019-09-22
Scripture:
Markus 10:17-31
Speaker:
Sermon Notes:

1.     Die grootste vraag:

 

‘n Jong man kom dringend na Jesus toe met ‘n vraag: “Goeie leermeester, hoe kry ek die ewige lewe?”

Hoe “klink” dié vraag in jou lewe? Hoe probeer jy dit antwoord?

2.     Die moeilikste antwoord:

 

Jesus se antwoord keer dinge om. Hy moet sy “lewe” weggee om te leef: “Gaan verkoop alles wat jy het, gee die geld vir die armes en jy sal ‘n skat in die Hemel hê; kom en volg my!’

  • Jesus kom by dit uit waarop hierdie man vertrou – Sy rykdom.
  • As hy wil leef, moet Hy dit opgee en ‘n volgeling van Jesus word

 Watter Skat moet jy inruil vir die Ware Skat?

 3.     Die beste belofte:

 

Ons wil ook wegstap met hartsteer harte en somber gesigte.

  • Hoe sal jy dit kan doen?

Die antwoord lê in Jesus se kyk – ‘n liefdevolle, kyk. Vol genade en waarheid.