Back to Top

God se Leeu(e) plan deur die geslagte Lam!

Download Audio:

Datum:
2019-09-29
Scripture:
Openbaring 5:1-14
Speaker:
Sermon Notes:
Vra jy dalk ook ontsteld-onrustig vandag: Waar gaan alles eindig? Wie het die laaste sê oor ons lewens en toekoms?

1.   God se Leeu(e) plan ...
  • Johannes sit verban op Patmos - 'n vervolgde oor sy geloof in die Here.
  • Dan sien hy: God op sy troon en in sy regterhand 'n boekrol
    • volgeskryf met sy Raadsplan vir ons wêreld
    • goed verseël om die egtheid daarvan te verseker
  • Wie kan die boekrol met God se leeue plan oopmaak?
2.   ... deur die geslagte Lam!
  • 'n Ouderling troos: Moenie huil nie! Kyk, die leeu uit die stam van Juda ... het die oorwinning behaal (vs.5)
  • Johannes sien egter deur sy betraande oë ... 'n Lam - die Een wat geslag was
    • Onmiskenbaar Jesus Christus wat gekruisig is!
  • "Dis deur Hom dat God alle vyande/bose magte oorwin het en sy Raadplan sal deurvoer ...
Sien Hom raak, in jou onrustigheid - deur God se lewensBoek heel tyd voor oë te hou!