Back to Top

Hou aan glo ... deur bymekaar én by Jesus te bly!

Download Audio:

Datum:
2019-11-17
Scripture:
Hebreërs 11:32-12:3
Speaker:
Sermon Notes:
Om in God Drie-enig te glo is en bied 'n ontsagtlike rykdom! Maar die wêreld waarbinne ons moet glo, is hard ... Hoe sal ons kan aanhou glo?

1.   Bly bymekaar!
  • Die Hebreërskrywer moedig ons aan deur 'n hele galery foto's van geloofshelde voor ons op te hang.
  • In Hebreërs 6:12 pleit hy dat die gemeente die voorbeeld moet navolg van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan aan God se beloftes
  • 'n Teoloog skryf: Geloof is aansteeklik... binne die geloofsgemeenskap.
2.   Bly by Jesus!
  • Hy moedig ons verder aan om ons oë op Jesus gevestig te hou (vs.3a), want Hy is die Begin en Voleinder van die geloof
  • By Hom is geloof ook aansteeklik ... onvermydelik!
Só sal ons kan aanhou glo!