Back to Top

Wees bly, jy kan vasstaan al word jy getoets!

Download Audio:

Datum:
2019-12-08
Scripture:
Jakobus 1:1 - 8, 12 - 19
Speaker:
Sermon Notes:
Selfs wanneer ons geloof en toewyding aan die Here deur moeilike omstandighede getoets (beproef) word, en ons soms deur allerhande dinge versoek word om ontrou en ongehoorsaam te wees, kan volgelinge van Jesus tog uitsien na 'n lewe van oorwinning.
Sien jy ook daarna uit om tot "volle geestelike rypheid sonder enige tekortkoming" te kom?
Is dit haalbaar? Wat beteken dit?


Maar waarom struikel ons dan soms? Waarom gee ons toe aan versoekings? Wie se skuld is dit? God se skuld?
Ouers of ander mense se skuld? My eie skuld?


Die Here maak dit vir elkeen wat in Hom glo moontlik om staande te kan bly.
In 'n wêreld vol losbandigheid en onsekerheid, vol teleurstellings en hartseer en rou en by al die ander moeilike omstandighede en versoekings, kan ons vashou aan die Here wat sy beloftes waar maak in ons lewe.


Soek in gebed, sonder twyfel, by Hom die genade om te kan oorwin omdat Jesus klaar die oorwinning oor sonde en dood behaal het.
Hy is ons Verlosser wat Self deur satan versoek is en terwille van ons verskriklike lyding en spot en haat beleef het, en Hy het staande gebly!