Back to Top

Juig tot eer van God: oor vrede op aarde en sy welbehae in mense!

Download Audio:

Datum:
2019-12-22
Scripture:
Lukas 2:8-20
Speaker:
Sermon Notes:
Die geboorte van Jesus word omring deur juigstemme. Hier dié van engele:
Eer aan God in die hoogste hemel,
En op aarde vrede vir dié mense in wie Hy 'n welbehae het.

Op hierdie lied antwoord ons dikwels nie met lofprysings nie, eerder met 'n skeptiese ongeloof! Ek bedoel ...


1.   Vrede op aarde?
  • Vrede op dié aarde ... met al sy onvrede?
  • Tog is dit waar! Net omdat dit beliggaam is in die Babalyfie van die Kindjie Jesus ...
2.   'n Welbehae in mense...?
  • Ook die woorde klink onrealisties! Vir watter mense? Ons soort mense...
  • Ook dit is waar! Want die woorde juig oor God se onverdiende goedheid aan onbehaaglike mense ...
    • ook beliggaam in Jesus.
Daarom juig die engele... en kan ek en jy saam juig!