Back to Top

Die koste van Dissipelskap

Download Audio:

Datum:
2020-01-12
Scripture:
Lukas 14:25-35
Speaker:
Sermon Notes:
Ons leef in 'n tyd van goedkoop Dissipelskap. Ek het al so baie mense hoor sĂȘ: Christenskap is so maklik in vergelyking met ander gelowe. Jesus sou sonder twyfel frons oor hierdie opmerking.

In Lukas 14:25-26 maak hy die volgende baie duidelik:
  • Daar's een tipe dissipelskap (v 25)
  • Hy bepaal die agenda daarvoor (v 26, 33)
  • Dit is 'n emosionele saak, hart saak (v 26)
  • Dit het alles met my en jou identiteit te make (v 27)
  • Dit vra onvoorwaardelike oorgawe (v 27)
  • En Hy wil sulke dissipels gebruik om iets van sy Koninkryk wat aan die kom is, sigbaar te maak hier op aarde (v 34-35)
Hy nooi my en jou om opnuut, of dalk vir die eerste keer te sit en die koste te bereken en dan eers te reageer op sy uitnodiging!