Back to Top

Laat die vreugde/blydskap wat God jou gee, jou lewe oorheers!

Download Audio:

Datum:
2020-01-12
Scripture:
Prediker 4:17 - 5:19
Speaker:
Sermon Notes:
Makliker gesê as gedaan?

Die boek Prediker is 'n boek wat boekhou van die menslike en geestelike sy van ons lewe. Die boodskap van Prediker gaan oor God en wat Hy doen, en daaruit oor ons roeping.

Die realiteit is dat ons maklik pessimisties en materialisties raak. So word ons maar net deel van die wêreld en mis ons ons roeping.

Ontvang hierteenoor die oproep om in gemeenskap met God te lewe. Die vrug is dat 'n lewe met God binne hierdie wêreld beslis die moeite werd is.

Geliefde, in plaas daarvan dat jy bekommerd is oor alles, vul God jou met vreugde! So gee jy jou beste, want wat jy doen, doen jy vir God.

Mag ons hierdie week, maand en jaar lekker hard werk!