Back to Top

Getuies sonder vrees! Vol krag, liefde en die denke van die Gees

Download Audio:

Datum:
2020-03-29
Scripture:
2 Timoteus 1:1-18
Speaker:
Sermon Notes:

'n Huisgesin van God wat dissipels maak deur Jesus na te leef en te verkondig in die krag van die Heilige Gees!

Dis ons roepings visie. Moeilike tye soos wat ons tans in die gesig staar met hierdie Corona Covid 19 Virus, kan ons maklik moedeloos maak en laat terugdeins! Die Here wil hê dat ons die vlam van ons roeping juis in hierdie tyd moet aanblaas. Hoe? By monde van Paulus se aanmoediging vir Timoteus en die gemeente in Efese kom sê hy:

Onthou die Evangelie
en die invloed wat dit op die toekoms van die wêreld het (v 9-10)

Onthou julle roeping
en hoe God dit gebruik in die uitvoering van sy raadsplan (v 6-9a)

Onthou julle is nie alleen nie
julle het die getuienis van gelowiges uit julle verlede en hede (v 7)
julle het die Heilige Gees (v 5, v 12, v 16-18)