Back to Top

Ons deurmekaar, sondige, gebroke manier van dink.

Download Audio:

Datum:
2020-04-05
Scripture:
Lukas 13
Speaker:
Sermon Notes:

As 'n klompie Jode vir Jesus vertel van Pilatus wat mede-Jode wreed laat vermoor het, troos Jesus hulle nie! Nee, Hy vra 'n diep self ondersoekende vraag: “Dink julle dat hierdie Galileërs groter sondaars was as al die ander Galileërs omdat dit met hulle gebeur het? 3Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom!


Waarom doen Jesus dit? Waarom die oproep tot bekering vir hulle en vir ons? Omdat hy vir ons lief is, konfronteer hy ons met

Ons deurmekaar, sondige, gebroke manier van dink (v 1-2,4).
Hy kom maak 'n duidelike, waarskuwende en tog hoopvolle oproep op elkeen wat hoor (v 3, 5).
En laastens, gee Jesus vir ons 'n hoopvolle beeld wat ter selfde tyd sy dringende oproep bevestig (v 6-9).