Back to Top

Die Heer het opgestaan!

Download Audio:

Datum:
2020-04-12
Scripture:
Matteus 28:1-10
Speaker:
Sermon Notes:

1 Korintiërs 15 maak Paulus die volgende radikale stelling: 17as Christus nie opgewek is nie, (d.w.s. nie fisies, liggaamlik uit die dood opgestaan het nie) is julle geloof waardeloos . . .

C.S. Lewis (die bekende Oxford professor in letterkunde wat eers 'n ateïs was tot bekering gekom het), sê op grond hiervan:
As Christenskap vals is, is dit glad nie belangrik en betekenisvol nie, en as dit waar is, is dit van oneindige belang en betekenis. Die een ding wat dit nie kan wees nie, is soort van, dalk, effe belangrik.

Kom ons vrae twee vra vanoggend wat ons antwoord uit ons teksgedeelte

Is dit redelik om te glo Jesus het fisies opgestaan uit die dood? v 1-10

Ja, hoe anders verklaar jy die radikale omkeer in die verslae, twyfelende vroue en miljoene mense na hulle?
Ja, want hoe verklaar jy dat vroue die eerste getuies was?
Ja, want God se Woord sê so!

Watter nut het die opstanding van Jesus vir ons? v 8-10

Jesus het die dood oorwin! Ek deel in die geregtigheid wat Hy verwerf het. (v 9-10)
Ek word deur sy opstandingskrag tot ’n nuwe lewe opgewek (v 8-9)
Ten derde is die opstanding van Christus vir ons ’n betroubare waarborg van ons salige opstanding.