Back to Top

Vreemdelinge in die wêreld ..., geliefd by God!

Download Audio:

Datum:
2020-04-19
Scripture:
1 Petrus 1:1-2, 13-21
Speaker:
Sermon Notes:

Hoe gaan ons, Christene, in die wêreld geleef kry ...? Ons het immers geen waarborge dat ons lewens glad en gelyk gaan verloop nie. Deur die woorde van Petrus begelei die Here ons om te verstaan dat ons: 

  1. vreemdelinge en bywoners is
  • Hierdie vreemdelingskap wys op die gelowiges se

o  politieke status destyds (vandag) (vs.1)

o  vreemde (Christelike) leefwyse tussen ongelowiges

  • ʼn Vreemdelingskap wat swaarkry veroorsaak het!
  1. ... en tog geliefd by God!
  • Vreemdelinge word ook uitverkorenes van God genoem! ... het Hy (God) julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus (vs.2)
  • Dit verklaar waarom ons “vreemd” aan die wêreld optree!
  • Maar tegelykertyd ʼn heerlik troos – dalk misken (verag) in die wêreld, maar geliefd by God!

Mag ons nooit ons vreemdheid verloor nie...