Back to Top

Hoe die Here vrouens en mans in die huwelik gebruik as sy getuies!

Download Audio:

Datum:
2020-06-07
Scripture:
1 Petrus 3:1-7
Speaker:
Sermon Notes:
Die Christene vir wie Petrus hier skryf was vreemdelinge in die politieke sin van die woord, maar hulle was ook vir hulle bure vreemd
as gevolg van hoe hulle geleef het! Soms aantreklik vreemd, en soms het dit hulle baie kwaad gemaak. Die Here het dit gebruik! Die vraag
is of ons en die manier waarop ons ons Christenskap uitleef, steeds só, soos die Here wil, vreemd is vir mense van ons tyd?
 
Ons kyk vanmôre na die “vreemde” oproep vir mans en vroue in die huwelik. Moet asseblief nie ophou luister net omdat jy nie getroud is
nie. Dit gaan jou ook help! Ons gaan wegspring met:
 
Die kern motivering, die hart en die krag vir die oproep tot onderdanigheid: (2:11,12,16)
 
Hoe getroude vroue aan die Here en daarom aan hulle mans onderdanig moet wees: (3:1-6)
 
Hoe getroude mans aan die Here onderdanig moet wees en daarom hulle vroue moet eer: (3:7)