Back to Top

Die ewige en almagtige Vader is óns Vader!

Download Audio:

Datum:
2020-06-07
Scripture:
Johannes 1:1-18 en HKS 9
Speaker:
Sermon Notes:

Ons bely dit elke Sondag: Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde...

Heerlike troos en sekerheid! Daarmee bely ons: 

  1. God, die ewige Vader van Jesus Christus!
  • Die HK begin (op voetspoor van die Bybel) met God as Vader van Jesus Christus (Joh.1:1,18)
    • nie met Hom as Vader van die mens nie.
  • Juis, omdat Hy ewig Vader is.
  1. God, die genadige Vader van die gelowiges!
  • God is ook, ter wille van sy Seun Christus, ons God en ons Vader (Joh.1:12)
  • Op Hom kan ons voluit vertrou vir ons hele lewe!
  1. God, die almagtige Vader van die skepping!
  • Omdat Hy, die almagtige Vader die skepping op ‘n wonderlike wyse geskep het en steeds onderhou!
  • As getroue Vader wil Hy alles wat ons nodig het, gee
    • as Almagtige Vader kán Hy dit doen!

 Wie vertrou, twyfel nie! Wie twyfel, vertrou nie!