Back to Top

Deur Jesus Christus is ons tot kinders van God aangeneem!

Download Audio:

Datum:
2020-07-19
Scripture:
1 Johannes 4:7-21, Efesiërs 1:3-6 en HKS 13
Speaker:
Sermon Notes:

Wonderlike nuus in hierdie inperkingstyd!

Deur Jesus Christus wat die eniggebore Seun van God is , is ons tot kinders van God aangeneem!

Die hele kwessie van aanneming is die beeld wat gebruik word om te verduidelik waarom ons wel kinders van God genoem word. Dít is alleen bewerk deur die eniggebore Seun van God wat Sy lewe prys gegee het om ons lewe terug te wen. Dit alles is moontlik deur die liefde van God die Vader vir ons.

Ek en jy is nie weeskinders nie, ons is saam God se kinders en dus Sy huisgesin!

Wat maak jy as aangenome kind van God met die liefde in jou lewe ? Wat maak ons as aangenome kinders van God met die liefde wat ons ontvang?