Gereformeerde Kerk Randburg
ONS GOD, ONS DANKBAARHEID EN ONS GELD...
Die enigste Bybelse motivering vir die gee van bydraes is:
• dankbaarheid teenoor die Here vir sy genade
• omdat ons, verlore sondaars, deur Jesus Christus hemelse rykdom (saligheid) ontvang het (2 Kor.8:9);
• omdat alles wat ons is en het aan die Here behoort en Hy vir ons sy gawes gee om te gebruik (Ps.24:1; Pred.5:17-18)
• kerklike bydraes is ʼn offer van dankbaarheid om Hom mee te dien (2 Kor.9:13a). Dis hoe die Bybel oor geldelike bydraes praat (2 Kor.9:5b).
Die motivering vir die gee van kerklike bydraes is dus nie om:
• Die predikante te betaal vir dienste gelewer, of vir die instandhouding van gemeentelike fasiliteite; of om bedieningsprojekte te finansier, nie.
Bydraes word aangewend in diens van die koninkryk van die Here, nl:
• vir die voortgang van die prediking van die Evangelie en die sigbaar maak van sy verlossende genade aan mense
• deur predikante in staat te stel om voltyds die Evangelie te verkondig tot opbou van ons gemeente
(Lukas 10:7; 1 Timoteus 5:18; 1 Korintiërs 9:3-18).
• deur sendelinge reg deur die wêreld in staat te stel om die Goeie Nuus te versprei (2 Kor.8:1-7)
• vir die sigbaar maak van die Here se liefdevolle heerskappy aan kerke/ (geloofs)gemeenskappe buite die GKR
• deur instansies in die gemeenskap of medegelowiges buite my geloofsfamilie te ondersteun
(2 Tessalonisense 3:13; Galasiërs. 6:10; Handelinge 20:35).
Die enigste Bybelse motivering vir die gee van bydraes is:
• Gee jouself eers aan die Here in toewyding (2 Kor.8:5b).
• Maak vooraf eerlik in jou gewete voor die Here uit hoeveel jy het (Hy weet in elk geval); en gee soos jy jou in jou hart voorgeneem het.
Nie volgens wat jou uitgawes is nie (2 Kor.9:7a).
• Gee met blymoedigheid (2 Kor.9:7b), as teken (toets) vir die opregtheid van jou liefde (2 Kor.8:8b).
• Gee, nie ‘n bietjie uit jou oorvloed nie, maar alles selfs in jou gebrek (2 Kor.8:12; Mark.12:44).
• Die Bybel (Ou Testament) skryf ʼn tiende voor (Mal.3:10). Dit was egter ten tye van ʼn teokrasie waar
• Met punt 3 hierbo in ag genome, stel die Kerkraad van GKR as riglyn vir dankoffer:
• 5 % van die netto inkomste van die huisgesin, na belasting en voor enige ander aftrekkings.
• kollektes en ad hoc bydraes vir spesiale nood en barmhartigheid, tydens en na die eredienste – bo en behalwe die 5% dankoffer aan die kerkkas.
• Hierdie is ‘n plaaslike reëling en dien as ‘n riglyn, nie as ‘n voorskrif nie. Indien die Here jou in staat stel om meer te gee as die riglyn, doen dit asseblief. Indien jou huidige omstandighede dit moeilik maak, gee na gelang van die beginsels hierbo.
God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk (2 Kor. 9:8)
Klik op die knoppie onder en laai gerus die Dokument met al die bogenoemde inligting af in PDF Formaat.
Gereformeerde Kerk Randburg
OFFERGAWES


Gereformeerde Kerk Randburg
OFFERGAWES

