As jy sukkel om die vorm in te vul op jou foon probeer asb. om 'n rekenaar of skootrekenaar te gebruik vir 'n beter ervaring. Dankie!
Ons is saam met julle opgewonde oor julle besluit om trou aan mekaar te beloof! Mag die Here julle huwelik seën en julle huwelik gebruik om julle te laat groei in julle verhouding met Hom! Kontak gerus ons kerkkantoor vir meer inligting of indien jy enige vrae het by
kantoor@gkrandburg.org.za of WhatsApp 082 404 8478.
Voltooi asseblief die onderstaande vorm volledig.
Al die inligting word benodig vir die staat se huweliksregister. Alternatiewelik kan die vorm in PDF-Formaat hier afgelaai word, ingevul word en per e-pos na kantoor@gkrandburg.org.za gestuur word.
**Aan die einde van jou vorm klik stuur knoppie een keer en wag asb. 'n paar sekondes vir die sukses boodskap om te verskyn onder op bladsy voordat jy uitgaan!
MAN BESONDERHEDE
Huidige Woonadres
VROU BESONDERHEDE
Huidige Woonadres
HUWELIKSBEVESTIGING BESONDERHEDE
Woonadres na huwelik plaasgevind het:
GETUIE 1 SE INLIGTING
GETUIE 2 SE INLIGTING
BELANGRIKE INLIGTING VAN ONS KANT AF
• Dit is belangrik dat julle die predikant wat julle graag wil hê julle moet trou, aan die beginfase van die troudagbeplanning kontak en reël. Dit nie 'n gegewe dat die betrokke predikant dié spesifieke dag beskikbaar is nie.
• Julle het die volgende met julle eerste afspraak by die predikant nodig, om die huweliksregister in te kan vul. Dit maak dat die administrasie vroegtydig afgehandel kan word.
1. Afskrifte van die
man en vrou se ID dokumente.
2. Afskrifte van die
twee getuies se ID dokumente.
3. Indien geskei: sorg vir 'n gesertifiseerde afskrif van die
egskeidingshofbevel.
4. Indien weduwee, wewenaar: sorg vir 'n gesertifiseerde afskrif van die
doodsertifikaat.
5. 'n Troue buite gemeenskap van goedere:
HVK - besorg die
dekbrief van die prokureur (notaris publiek) aan die betrokke predikant.
6. Twee
ID foto's (elk) van die egpaar.
7. Daar sal
vingerafdrukke deur die predikant geneem word wanneer julle hom sien.
• Die predikant sal aan julle 'n huweliksertifikaat en 'n afskrif van die huweliksregister gee.
• Nadat julle wettiglik in die eg verbind is, maak asb. self seker by Binnelandse Sake dat julle huwelik geregistreer is. Na sowat ses maande, sms jou ID nr. gevolg deur M (bv. 5911225086084 M) na 32551. Hulle stuur 'n SMS terug wat sê wat jou huwelikstatus is en wanneer jy getroud is. Alternatiewelik skakel
0800 601 190 of besoek
www.dha.gov.za. Jy kan ook die kantore in Pretoria skakel by
(021) 406 2660
• Nadat julle huwelik geregistreer is, beveel ons aan dat julle so gou moontlik Binnelandse Sake besoek, met jou huweliksregister-afskrifte, ID en huweliksertifikaat om aansoek te doen vir die amptelike huweliksertifikaat (“Unabridged Marriage Certificate”). Hierdie is 'n geel uitgedrukte dokument wat julle gaan benodig vir enige veranderings, en daar is 'n koste betaalbaar by Binnelandse Sake tydens die aansoek van hierdie dokument.
• Die betrokke predikant sal met julle oor die verloop van die seremonie gesels. Maak asseblief by hom seker oor sy behoefte aan 'n mikrofoon, podium, kateder, water ens.
• Kostes: Dit is ook vir ons predikante 'n voorreg om julle in die huwelik te bevestig. Hulle doen dit graag en vra dus nie 'n fooi vir hulle dienste nie. Ons neem wel vrymoedigheid om te vra dat dit die predikant nie ekstra sal kos om julle te trou nie. Daarom net die volgende praktiese reëlings:
- Indien julle
binne 50km van Randburg af trou, hoef julle nie in te staan vir enige reis- of akkommodasiekostes nie.
- Indien julle
verder as 50km van Randburg af trou, sal ons dit waardeer as julle vir die volgende sal instaan:
* Reiskoste (teen R4.00 per km);
* Akkommodasie (bed en ontbyt) vir die predikant en sy vrou; en
* R200 per ete wat hulle weg van die huis af sal wees.
Klik stuur knoppie een keer en wag asb. 'n paar sekondes vir sukses boodskap om te verskyn onder op bladsy voordat jy uitgaan!