Gereformeerde Kerk Randburg

TROOSDIENSINLIGTING

    As jy sukkel om die vorm in te vul op jou foon probeer asb. om 'n rekenaar of skootrekenaar te gebruik vir 'n beter ervaring. Dankie!

    Ons betuig ons meegevoel met julle verlies. Mag ons Here deur sy Gees julle troos en bemoedig in hierdie tyd. Kontak gerus ons kerkkantoor vir meer inligting of indien jy enige vrae het by kantoor@gkrandburg.org.za of WhatsApp 082 404 8478. Voltooi asseblief die onderstaande vorm volledig. Alternatiewelik kan die vorm in PDF-Formaat hier afgelaai word, ingevul word en per e-pos na kantoor@gkrandburg.org.za gestuur word. **Aan die einde van jou vorm klik stuur knoppie een keer en wag asb. 'n paar sekondes vir die sukses boodskap om te verskyn onder op bladsy voordat jy uitgaan!

    Datum van afsterwe*
    Het die oorledene 'n begrafnispolis?*
    Kontakpersoon vir troosdiens
    Onderhewig aan die beskikbaarheid van die videospan, watter tipe regstreekse aanlyn uitsending verkies julle?* Indien opsie 1 gekies word en videospan beskikbaar is, sal die troosdiens regstreeks op GKR se YT kanaal uitgesaai kan word en dan agterna daarop beskikbaar wees. Die kerkkantoor sal die YouTube-skakel ten minste 'n dag voor die troosdiens aan die familie-kontakpersoon stuur.

    Heg asseblief 'n foto van die oorledene aan - Groter as 300 kb. Formaat van foto kan jpg|pdf|png wees.

    Gaan daar 'n spreker wees wat bedankings doen?*
    Gaan daar 'n spreker wees wat 'n huldeblyk lewer?*
    Spesiale musiek en klankversoeke Gaan daar gebruik gemaak word van Orrelis?*

    Let wel: Indien die orrelis nie oor die bladmusiek vir bogenoemde beskik nie, sal kerkkantoor julle kontak vir bladmusiek.

    Het julle 'n spesiale klank- of beeldversoek voor/tydens die troosdiens (bv. liedjie, klankopname, fotoaanbiedings ens.)?*

    Let wel: Enige klank- of beeldversoeke (bv. liedjies, opnames, fotoaanbiedings, aantal mikrofone) moet ten minste een dag voor die troosdiens per e-pos gestuur word. Hierdie liedjies/opnames/foto-aanbiedings moet vergesel word met skriftelike lys wat uiteensit wat die opnames se name, liedjies se name, watter deel van die liedjie, asook in watter stadium van die diens die liedjies/foto-aanbiedings gespeel moet word. BELANGRIK: GKR kan nie musiek met kopiereg op YouTube plaas nie.

    Indien daar beurtkrag of 'n kragonderbreking is, sal jy wil gebruik maak van die kragopwekker teen R200 per uur?

    KOSTES

    • Orrelis • Lidmaat - R750 | Nie-lidmaat - R750
    • Tegniese beampte (klank) • Lidmaat - R250 | Nie-lidmaat - R250
    • Tegniese beampte (beeld/video) x1 • Lidmaat - R250 | Nie-lidmaat - R250
    • Tegniese beampte (beeld/video) x2 • Lidmaat - R500 | Nie-lidmaat - R500
    • Ouditorium huur • Lidmaat R0 | Nie-lidmaat - R1 020
    • Saal en kombuis huur • Lidmaat R0 | Nie-lidmaat - R1 020
    • Koinonia/Teofilus • Lidmaat R0 | Nie-lidmaat - R700
    • Klaskamer • Lidmaat R0 | Nie-lidmaat - R235
    • Blomme • Kontak Hantie Venter 072 365 3339


    VERVERSINGS

    GKR kan 5/6 brode se toebroodjies verskaf vir gaste (dit is 2 of 3 driehoekies elk vir 50 gaste). GKR verskaf tee, koffie en koeldrank. Vir ander verversings, kontak Oliviers Spyseniering 082 854 3550

    Klik stuur knoppie een keer en wag asb. 'n paar sekondes vir sukses boodskap om te verskyn onder op bladsy voordat jy uitgaan!